Wie is die Voortrekkers?
Die Voortrekkers is 'n kultuurbeweging wat ons lede, in besonder die jeug, toerus om as moderne Afrikaners, positiewe burgers en konsekwente Christene hulle roeping deur diensbaarheid uit te leef.
Lees meer →
Waar anders sal kinders vandag die kans kry om knope te maak, vuil te word, berge te verower, staproetes te verken, in branders te roei, deur riviere te swem, in skuilings te slaap wat hulle self gebou het?
'n Storie wat reeds vir langer as agt dekades geskryf word — een van die Afrikaners se mooiste kultuurstories.
Dit is 'n storie van deursettingsvermoë, van toewyding en opoffering — 'n verhaal van vrywilligers wat hul vrye tyd gebruik om graadwielboeke, handleidings en ander literatuur te skryf. Geboue, spankamers en kampterreine het deur harde werk en innoverende denke ontwikkel tot spogprodukte.
Dit is 'n storie van sente omdraai, moue oprol, vasbyt en hard werk. Dit is 'n storie van historiese feeste, monumente bou en erfenisse bewaar. Dit is 'n storie van betrokkenheid, praktiese omgee en diensbaarheid in plaaslike gemeenskappe.
Die Voortrekkerstorie vertel 'n verhaal van planne, vars denke, aanpasbaarheid en hoëfunksieprestasies — 'n storie van liefde vir Afrikaans, Afrikanerkultuur, Afrikanerkinders, maar bo alles, vir die Here. Ook is dit 'n storie van pret, kameraadskap en avontuur.
Getrou aan die oorspronklike stigtingsideale van NJ van der Merwe, Vader Visser en Japie Heese is Die Voortrekkers vandag steeds 'n toekomsgerigte jeugorganisasie wat:
- Afrikanerkinders se karakter deur Bybels-Christelike waardes vorm.
- Afrikanerkinders die geleentheid bied om hul kultuur in die natuur deur avontuur te geniet.
- Afrikaners begelei om as oortuigde Christene nie net Bybelse waardes in hul persoonlike lewens uit te leef nie, maar ook om gemeenskapswaardes deur middel van diens, deelname en standpunte te help vorm.
- Afrikanerkinders help om lewensvaardighede te ontwikkel om as uitnemende en diensbare leiers 'n betekenisvolle en positiewe bydrae te lewer tot die land en die kontinent.
- Afrikanerkinders 'n tuiste bied waarin hulle Afrikaners se geskiedenis, taal, kultuur en tradisies ten volle kan uitleef en geniet.
Afrikanerskap · Burgerskap · Christenskap · Diensbaarheid
Afrikanerskap
Burgerskap
Christenskap
Diensbaarheid
Wat bied Die Voortrekkers
Die Voortrekkers se metode vir leierskapontwikkeling is die kombinasie van Kultuur, Avontuur en Natuur. Die uitkomste is selfdoen-vaardighede, waardegedrewe antwoorde en die praktiese toepassing daarvan — hiermee VAT Voortrekkers die toekoms met selfvertroue.
Leierskapsontwikkeling
Die Voortrekkers streef na die ontwikkeling van jong leiers.
Erkenning en toekennings
Die Voortrekkers vier elke lid se prestasies en bied menige toekennings vir besonderse dienslewering en leierskap.
Spanleierskap en spanwerk
Die Voortrekkers bevorder elke lid se samewerking in spanverband en skep geleenthede vir leierskap binne-in 'n span.
Toepassing van Christelike waardes
Die Voortrekkers is gevestig op Christelike waardes en skep geleenthede om dit toe te pas.
Landswye netwerk van vriende
Voortrekkerkampe heg nuwe vriendskappe met Voortrekkers uit verskillende dele van Suid-Afrika en Namibië.
Moderne Afrikaanse kultuurervaring
Ons Afrikaanse taal en kultuur word op moderne maniere bevestig en verleen ruimte vir verdere groei.
Vaardigheidsontwikkeling
Vaardighede vanuit 'n wye spektrum word aangeleer en ontwikkel by Die Voortrekkers.
Gemeenskapsprojekte
Die Voortrekkers is betrokke in plaaslike gemeenskappe en bied ondersteuning deur verskeie projekte.
Skryf saam aan die volgende hoofstuk
Vind uit hoe jy of jou kind kan aansluit by 'n Voortrekker-kommando naby jou.
Kontak ons →Gebiedsdagbestuur
Die span wat toesig hou oor Die Voortrekkers Kaapland se werksaamhede — kontak enige lid direk vir navrae binne hul portefeulje.
Algemene navrae? Stuur dit gerus aan die hoofkantoor en ons skakel dit deur na die regte persoon.
Kontak ons →Oorde & Kommando's
Die Voortrekkers Kaapland is verdeel in vier oorde, elk met sy eie kommando's regoor die Wes-Kaap en Noord-Kaap.
-
Oord Boland
Kommando's regoor die Boland-streek van die Wes-Kaap.
-
Oord Kaapstad
Kommando's in en rondom die groter Kaapstad-metro.
-
Oord Helderqua
Kommando's in die Helderberg- en Overberg-omgewing.
-
Oord Noord-Kaap
Kommando's regoor die Noord-Kaap.
Wil jy weet watter kommando naaste aan jou is? Ons kantoor help jou graag persoonlik.
Vind jou naaste Voortrekkers →Kontak ons gerus vir enige navrae
Ons hoofkantoor is beskikbaar Maandag tot Vrydag om jou vrae te beantwoord en jou na die regte kommando te verwys.
08:30 – 16:30